Wat is die verskil tussen teksredaksie en taalversorging?

Baie dankie vir die ekstra liefde!

Ek het nou die dag geleer gebaretaal het dialekte en aksente. Dis ongelooflik interressant! En as mens bietjie jou brein in rat sit maak dit heeltemal sin--dis 'n taal wat in baie lande gepraat word. Natuurlik gaan daar variasies wees.

Ek moet eintlik net weer begin Afrikaans lees. Ek lees so af en toe 'n Deon Meyer in Afrikaans, maar nie veel anders nie. Ek lees heeldag goed wat geskryf is deur mense wat maar bietjie sukkel met die Ingils, so wanneer ek lees wil ek afskakel. Ek is eintlik net lui. Ek praat nog baie Afrikaans--dis net die lees en skryf wat pla. Ek is die enigste lid van ons gesin wat Engelssprekend is, so ek praat Afrikaans met my ouers en my broer. Al my bure is ook Afrikaanssprekend, maar hulle leef maar saam met my Menges. Ek moet deesdae deeltekens en kappies google. Ek skaam my sommer.

Ek vermoed ons is ewe oud as ons radiostories geluister het. Onthou jy vir Grobbelaartjie van Veldskoendorp? Indien nie, soek die boek. Dis 'n absolute juweel.

/r/afrikaans Thread Parent